Through
this website, we would like to direct your attention
to the following cause:
Bright Lights Kinderhuis Pofadder
NAAM
Die Kinderhuis was voorheen bekend as die, V.G.K. Kinderhuis
Pofadder, nou hernoem na Bright Lights Kinderhuis Pofadder
om sodoende ook meer gemeenskap vriendelik te kan wees.
VISIE
Ons liefde, leiding en omgee bied sekuriteit, vastigheid
en positiwiteit vir ‘n beter toekoms.
MISSIE
Gedring deur ons hemelse opdrag, verbind Bright Lights
Kinderhuis Pofadder hom tot omvattende ondersteuning,
versorging en ontwikkeling aan sorgbehoewende, wetsbestede
kinders, wie hulp benodig. Ons doen dit deur goed opgeleide
personeel, in samewerking met ander belangrike rolspelers
in die sorgbehoewende kind se lewe en in die gemeenskap.
FONDSINSAMELINGSNO.
011-891
INLEIDING
Die kinderhuis op Pofadder het in 1936 tot stand gekom
toe die plaaslike leraar die oorpronklike geboue met tweedehandse
material opgerig het. Die oorspronklike geboue was baie
primitief en kon slegs 20 – 30 kinders huisves.
Die
gemeenskap van Pofadder is geleë in die provinsie
van die Noord-Kaap. Die inwonertal is ± 6000 waarvan
70% werkloos is. ‘n Groot aantal inwoners is afhanklik
van staatspensioene vir oorlewing.
In
1938 is die kinderhuis amptelik by die regering as ‘n
kinderhuis geregistreer sodat dit sorgbehoewende wetsbestede
kinders kan opneem en ‘n staatsubsidie kan ontvang.
Die
kinderhuis het oor die jare gegroei tot ‘n inrigting
wat 132 kinders van beide geslagte kan akkommodeer. Sedert
1999 het die getalle afgeneem na ± 120.
Die
opname beleid van die staat het oor die jare verander.
Aanvanklik is kinders van die plase uit die omgewing gehuisves
sodat hulle kon skoolgaan; later is verwaar-loosde kinders
uit die omgewing opgeneem; ‘n derde fase was die
opname van kinders van oor die hele Suid-Afrika. Tans
is die beleid van die staat sodat slegs kinders uit die
provinsie opgeneem mag word. Waar nood egter ondervind
word, word alternatiewe reëlings vir toelating gemaak.
KINDERS
VAN BRIGHT LIGHTS POFADDER
Kinders van Bright Lights Kinderhuis Pofadder is almal
om die een of ander rede wetsbestee of sorgbehoewend verklaar.
Die redes hiervoor is: Weesheid, Verwaarlosing deur ouers,
Skoolversuim van die kind, seksuele molestering, betrokkenheid
by misdaad of mislikte pleegsorg.
Hulle
ouderdomme wissel van 06 – 19 jaar. Tans huisves
Bright Lights Kinderhuis Pofadder, 72 seuns en 60 dogters.
Kinders ouer as 18 jaar kry ook die geleentheid om langer
te bly totdat hulle selfs matriek voltooi het. Tans huisves
ons twee gesinne jonger as 06 jaar.
OPVOEDING
EN OPLEIDING
Kinders gaan skool by die plaaslike laer- en hoërskool
waar hulle, hulle skool-opvoeding tot graad 12 kan afhandel.
Asgevolg van die kinders se traumatiese lewens vorder
sommige kinders nie akademies baie goed nie. Hulle is
oorwegend heelwat ouer as wat die norm vir die betrokke
graad is.
Die
kinderhuis het oor die jare naas die formele skool kurrikulum
‘n eie ontwikkel-ingsprogram van opleiding vir die
kinders. Die opleiding sluit in: Sweiswerk en Tuinbou
vir die seuns en Huishoudkunde, naaldwerk en blommerangskikking
vir die dogters. Voedselvoorsiening word deur die huishoudkunde
aan privaatorganisasies beskikbaar gestel. Personeellede
beskik oor wye bekwaamhede en word klasse deur hulle aangebied
omdat finansies ontbreek. “Ballroomdancing, Breakdance,
Gumbootdancing” en tamboernooientjies word op kulturelende
wyse aangebied deur vrywilligers vanuit die gemeenskap.
Sommige
kinders kry ook geleentheid om ervaring met kantooradministrasie
op te doen as hulle personeel help om nuwe leêrs
op te maak of data op die rekenaar vas te lê.
SPORT
EN KULTUUR
Kinders neem gereeld deel aan skolesport.
Die
kinders het die afgelope jare ‘n eie kulturele program.
Dit sluit ‘n gospelgroep in. Hierdie groep onderneem
tydens skoolvakansies gereeld toere na verskillende dele
van ons land waar hulle aan plaaslike gemeenskappe optree.
Hulle het reeds 3 (drie) CD’s van hulle musiek opgeneem.
Tydens
toere besoek die groep sovêr moontlik natuur- en
ander besieningswaardig-hede. Vir hierdie kinders is besoeke
aan die see, museums en ander plekke van historiese- of
kultuurbelang ‘n geweldige ondervinding omdat hulle
ouers nooit self hierdie geleenthede kan bekostig of vir
die kind kan gee nie.
VAKANSIE-OUERS
Die kinderhuis plaas sovêr moontlik kinders tydens
die winter- en somervakansies by vakansie-ouers of familie
om gesinshereniging te bevorder. Jaarliks bied die kinder-huis
ook ‘n Gesinsherenigingsnaweek aan om ouers en familie-lede
met hulle gesinne te probeer herenig. Tydens hierdie naweek
word selfs speletjies aangebied waarby die hele gesin
betrek word.
Baie
sorgbehoewende kinders weet asgevolg van ‘n geskiedenis
van mishandeling nie altyd hoe om in gesinsverband op
te tree nie. Hulle kan aggressief optree of sukkel om
in ‘n vreemde gesinstruktuur in te pas.
Vakansie-ouers
lewer hierdie diens as vrywilligers en doen werklik baie
moeite om die kinders tuis te laat voel. Dis opmerklik
dat kinders wie by vakansie-ouers tuis was met padkos
terug kom terwyl kinders wie by hul ouers of familie tuis
was geen sakgeld of padkos terug kry nie.
FASILITEITE
Die geboue kompleks is baie oud en het voorheen as ‘n
koshuis gedien. Die gevolg is kinders slaap in semi-slaapsale
met redelik min privaatheid. Die slaapsale huisves 7 -14
kinders. Huidiglik het ons dan ook oorgeskakel na die
“Cottage-stelsel” om kinders die gevoel van
omgee te laat ervaar. Hierdie stelsel is nog in ‘n
proef-stadium en ontbreek ameubliment, soos TV’s,
wasmasjiene, beddegoed, breekware, eetgerei en mooi portrette.
Daar
is geen luukse geriewe soos lugversorgers vir die skroeiende
somers en verwarmers vir die yskoue winters nie.
Die
kombuis en administrasie kantore het slegs die heel basiese
geriewe en toerusting.
STAATS
FINANSIERING
Staatsfinansiering is in 1994 bevries en sedertdien betaal
die staat slegs R1000-00 per kind per maand aan die kinderhuis.
Hierdie subsidie hang verder af van hoe die kind se beweging
in die maand is en wanneer die kind by die kinderhuis
aansluit.
Tans
is die staatsfinansiering slegs 50.8% van die totale begroting
van die kinderhuis. Die kinderhuis moet eie bronne ontwikkel
om dienste aan die gang te hou. Die gevolg is dat instandhouding
en personeelsalarisse nie aan aanvaarde normes voldoen
nie. Huidiglik is ons geboue in sodanige toestand dat
nood herstel-werk aan geboue gedoen moet word. Dit is
egter baie duidelik dat fondse meeste van tyd ontbreek
en herstelwerk nie gedoen word nie. Personeel moet dan
ook noodgedwonge self die herstelwerk hanteer omdat fondse
vir die betaling van geskoolde arbeiders ontbreek.
EIE
FINANSIERING
Die kinderhuis is verantwoordelik om jaarliks 49.2% van
sy totale begroting in te samel om slegs aan die basiese
behoeftes te voldoen.
Vir
enige uitbreiding, instandhouding of vervanging van toerusting
moet ekstra fondse gewerf word.
Die
kinderhuis se gospelgroep tree op en samel jaarliks 15%
van die totale begroting in. Die optredes van die gospelgroep
genereer ook bykomende voedsel en goeie tweedehandse klerasie
en skoene.
Die
kinderhuis bied ook hul jaarlikse gholfdag op Aggeneys
aan en word gholfspelers sover as Victoria-Wes, Carnarvon,
Upington, Kleinzee, Nababeep, Springbok, Keimoes en Kenhardt
betrek.
Die
kinderhuis nader ook gereeld kerke, sake-ondernemings,
ens., om fondse te bekom.
BESNOEIINGS
Om te bespaar het die kinderhuis oor die jare die volgende
gedoen om hulle deure vir behoeftige kinders op te hou.
*
Personeel is van 27 tot 17 verminder
* Inkorting van sekere kossoorte; varsmelk, vrugte, hawermout,
graanvlokkies, varsvis en sekere vleissoorte word glad
nie verder aangekoop nie.
* Inkorting van klerasie: Slegs skool- en onderklere kan
aangekoop word. Kerkklere word gekoop na behoefte en wanneer
kinders nuwe lidmate van die kerk word.
GEMEENSKAPSBETROKKENHEID
Aangesien die gemeenskap van Pofadder baie arm is lewer
die maatskaplike werker van die kinderhuis sover moontlik
dienste kosteloos in die gemeenskap. Self is die gemeenskap
so verarm en kan hulle slegs ‘n bydrae lewer deur
goedkoop arbied.
BESTUUR
EN PERSONEEL VAN DIE KINDERHUIS
BESTUUR
Die kinderhuis het ‘n plaaslike bestuur van 16 persone
wat verteenwoordigers van die Kerkrade van die plaaslike
V.G.Kerk, N.G.Kerk, R.K.Kerk, Christengemeente, Vroue-verenigings
van genoemde kerke en die plaaslike skole insluit.
Die
bestuur is: Mnr. I. Basson (voorsitter), Mnr, N. Klaassen
(o/voorsitter), Mé. S. Gribble (sekretaresse),
Mé. P. Hendriks (boekhouer), Mé. C. Gertse
(supervisor), Mnr. D. de Wet (bestuurder), Me. G. Schamboua,
Mé, W. Truter, Mé. C. Diergaardt, Mé.
L. Klaaste, Ds. A. Verwey, Ds. J. Hendriks, Mnr. N. Klein,
Mnr. D. van Reenen, Mnr. J. Saul en Mnr. K. Lewies.
Die
bestuur bepaal die beleid, stel die personeel aan, hou
toesig oor die program en bestuur die finansies.
Die
kinderhuis is ‘n projek van BADISA, ‘n gesamentlike
bedieningsaksie van die V.G.Kerk (Kaapland) en N.G.Kerk
(Wes- en Suidkaap). BADISA lewer oorhoofse dienste aan
die kinderhuis.
PERSONEEL
Die personeel van die kinderhuis is: Die Hoof (Mnr.D.
de Wet), Maatskaplike Werker (Mé. S. Gribble),
Boekhouer (Mé. P. Hendriks), Administratiewe Beampte
(Mé. M. Klaassen), Voedseldiensbestuurder (Mé.
S. Hendriks), Twee Kokke, Agt Kinderver-sorgers en Twee
Klereversorgers.
KOSTE
VERBONDE AAN VERSORGING VAN EEN KIND
* Voedsel R 615-00
* Klerasie 379-00
* Toiletware 223-00
* Onderwys & Ontspanning 399-00
* Sakgeld & Kerkgeld 254-00
* Totaal R1870-00
DRINGENDE
BEHOEFTES VAN BRIGHT LIGHTS POFADDER
* Die kinderhuis op Pofadder het vele tekortkomings omdat
die staat geen verhogings in subsidies na die aanpassing
tot R1000-00 gemaak het nie. Jaarliks styg kostes en dan
mos vanselfsprekend ook die kostes van kinderhuise styg.
Toelaes vir kinderhuise bly egter onveranderd en is daar
steeds nie lig vir die toekoms nie. Soos reeds genoem
is die toelae per kind R1000-00 terwyl die onkostes per
kind per maand reeds ± R1 900-00 beloop.
Hierdie bedrag word elke maand benodig en sluit dit kostes
soos voertuig-onderhoud, instandhouding van geboue, munisipale-dienste,
sport en rekreasie, ontspanning en uitstappies uit. Salarisse
soos deur department arbeid verwag; en nog veel meer.
Contact:
The Chairman
Mnr I. Basson
Bright Lights Pofadder
P.O. Box 125,
8890 POFADDER
Tel. 054 - 933 0060
Fax. 054 - 933 0237
Cell. 082 5492714
E-mail: brightlights@telkomsa.net